PSALMS 71:20
PSALMS 71:20 Bybel vir almal (ABA)
Dit is U wat my baie swaar laat kry het, dit het gevoel of ek klaar in die graf is, maar U sal my weer laat lewe, U sal my weer boontoe laat kom uit die diep plekke onder die aarde.
PSALMS 71:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.
PSALMS 71:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.
PSALMS 71:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U wat my baie benoudhede en rampe laat ervaar het, U sal my weer lewend maak, my weer uit die watermassas van die wêreld laat opkom.
PSALMS 71:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U wat my groot en smarte benoudhede laat sien het, sal my weer lewend maak en my uit die dieptes van die aarde laat opkom.