PSALMS 69:13-18
PSALMS 69:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dié wat sit in die stadspoort skinder van my, en die dronkaards maak liedjies oor my. Wat my betref, ek bid tot U, HERE; antwoord my op u bestemde tyd, o God. In die grootheid van u troue liefde, antwoord my met u troue redding! Trek my op uit die modder sodat ek nie dieper wegsink nie! Red my van my haters en uit die diep waters. Moenie dat die watervloed my oorweldig, of die diep waters my insluk, of die graf bokant my toegaan nie. Antwoord my, HERE, want u genade is goed; verhoor my in u groot barmhartigheid. Moenie u gesig vir u dienaar wegdraai nie; antwoord my gou, want ek is in nood!
PSALMS 69:13-18 Bybel vir almal (ABA)
Die mense wat in die poort sit, het gepraat oor my, die dronk mense het liedjies gesing oor my. En ek? Here, ek bid dat daar 'n tyd sal kom wanneer U my wil help. U doen altyd wat U belowe het, U moet doen wat ek vra, U moet my red, want U verander nie. U moet my red uit die modder sodat ek nie wegsink nie, U moet my red van die mense wat my haat, en U moet my uithaal uit die diep water. U moenie dat die watervloed oor my stroom nie, U moenie dat die diep water my insluk en dat die doderyk sy bek toemaak bokant my nie. Here, U moet doen wat ek vra, want U is goed en U doen altyd wat U belowe het. U was altyd jammer vir my, U moet kyk hoe dit met my gaan. Ek behoort aan U, U moenie wegkyk wanneer dit sleg gaan met my nie, U moet gou maak en doen wat ek vra.
PSALMS 69:13-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die wat in die poort sit, praat van my — ook die spotlied van die wat sterk drank drink. Maar ek — my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil! Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes. Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie! Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede. En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!
PSALMS 69:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die leeglêers in die stadspoort maak praatjies oor my, en dronklappe maak liedjies oor my. My gebed is tot U gerig, Here, antwoord my tog gou, Here, antwoord my in u groot liefde, o God; u hulp staan vas. Red my uit die modder, dat ek nie wegsak nie, laat my wegkom van my vyande af, weg uit die diep waters. Moenie dat die stroom my meesleur en die diep water my insluk nie, en moenie dat hierdie put toegaan bokant my nie. Antwoord my, Here, in u wonderlike liefde, verhoor my in u groot barmhartigheid! Moet tog nie u dienaar alleen laat nie! Ek is in groot gevaar, antwoord my tog gou!
PSALMS 69:13-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dié wat in die stadspoort sit, dryf die spot met my, en die liedjies van dronkaards ook. Maar ek rig my gebed tot U, HERE, in 'n tyd van welwillendheid. O God, antwoord my met u betroubare verlossing, op grond van u oorvloedige troue liefde. Red my uit die modder; moenie dat ek wegsink nie. Ek wil vrykom van my haters, van die diep water. Laat vloedwater my nie meesleur nie, die diepte my nie verswelg nie. Laat die put nie sy mond bo my toemaak nie. Antwoord my, HERE, want u troue liefde is goed; draai na my in u groot ontferming. Moenie u gesig vir u dienskneg verberg nie, want ek is in die nood – antwoord my gou.
PSALMS 69:13-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar wat my aangaan, my gebed is tot U, o HERE, op 'n tyd wat welgevallig is; o God, luister na my in die grootheid van U goedertierenheid, in die waarheid van U verlossing. Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my verlos word van die wat my haat, en uit die diep waters. Laat die watervloed my nie oorstroom nie, en laat die watervloed my nie insluk nie, en laat die kuil haar mond oor my nie toesluit nie. Hoor my, HERE! want u goedertierenheid is goed. En verberg U aangesig nie vir U kneg nie; want ek is in benoudheid; hoor my gou. Nader tot my siel en verlos dit; red my ter wille van my vyande.
PSALMS 69:13-18 Die Boodskap (DB)
Mense in die dorp skinder van my. Dronklappe sing spotliedjies oor my. Maar ek bid tot U. By U vra ek hulp, Here! Antwoord my tog. Wanneer die tyd vir U reg is, sal U my help, God. U liefde vir u kinders is baie groot. Omdat U getrou is, maak U ons lewe weer heel. Help my uit die gemors, Here! Moenie dat ek ondergaan nie. Laat my wegkom van die mense wat my haat. Moenie dat die water oor my gaan nie. Gee dat probleme my nie onderkry nie. Ek wil nie doodgaan nie. Help my, Here, want U is baie lief en goed vir my. Vou my toe in u groot liefde. Ontferm U oor my. Ek dien U. Moenie u rug vir my draai nie, want ek is in baie groot nood. Antwoord my tog.
PSALMS 69:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dié wat sit in die stadspoort skinder van my, en die dronkaards maak liedjies oor my. Wat my betref, ek bid tot U, HERE; antwoord my op u bestemde tyd, o God. In die grootheid van u troue liefde, antwoord my met u troue redding! Trek my op uit die modder sodat ek nie dieper wegsink nie! Red my van my haters en uit die diep waters. Moenie dat die watervloed my oorweldig, of die diep waters my insluk, of die graf bokant my toegaan nie. Antwoord my, HERE, want u genade is goed; verhoor my in u groot barmhartigheid. Moenie u gesig vir u dienaar wegdraai nie; antwoord my gou, want ek is in nood!