PSALMS 69:1-3
PSALMS 69:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van Dawid. Red my, o God, want die water het tot by my keel gekom. Ek het weggesak in diep modder waarin ek nie kan staan nie. Ek het in diep waters beland waarin die stroom my meegesleur het.
PSALMS 69:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Blomme.” Van Dawid. O God, U moet my red, want die water het tot by my keel gekom. Ek het weggesink in diep modder, ek het niks waarop ek kan staan nie. Ek het in diep water gekom, en die watervloed spoel bo-oor my.
PSALMS 69:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Lelies.” 'n Psalm van Dawid. Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom. Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.
PSALMS 69:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van Dawid. Red my, o God, want die water het tot by my keel gekom. Ek het weggesak in diep modder waarin ek nie kan staan nie. Ek het in diep waters beland waarin die stroom my meegesleur het.
PSALMS 69:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Op “Narsings”. Van Dawid. Verlos my, o God, want water het tot by my keel gekom. Ek het weggesink in diep modder, en daar is geen vastrapplek nie; ek het in diep water beland, en die vloed gaan my meesleur.
PSALMS 69:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Red my, o God! want die waters het in my siel ingekom. Ek sink in diep modder, waar daar geen stand is nie; ek het in diep waters gekom, waar die strome my oorstroom. Ek is moeg van my gehuil, my keel is droog, my oë verswak terwyl ek op my God wag.