PSALMS 68:4-8
PSALMS 68:4-8 Die Boodskap (DB)
Maar sy kinders sal bly wees. Juigkrete sal op hulle lippe wees as hulle voor God staan, hulle sal vrolik en bly wees. Kom sing ’n nuwe lied om God groot te maak, eer Hom met julle lied. Sing ’n pad van lof en vreugde oop voor Hom wat bo die wolke uittroon, jubel opgewonde oor Hom. Sy Naam is die Here, niemand anders nie! God is ’n Vader vir swak mense, vir kinders wat nie ouers het nie. Hy staan aan die kant van hulpelose weduwees. Hy beskerm hulle. Daar uit sy hemelse woning wat eenkant is, steek God sy hand uit na swak mense. God tel eensames op en maak hulle deel van ’n familie, Hy sluit tronkdeure vir gevangenes oop, maar laat al sy vyande diep in ’n woestyn bly. God, daardie dag toe U u volk in Egipte gaan haal het, toe U ’n pad deur die woestyn oopgestap het
PSALMS 68:4-8 Bybel vir almal (ABA)
Maar die mense wat reg doen, sal bly wees, hulle sal by God wees en hulle sal juig, hulle sal vrolik sing. Julle moet sing vir God, julle moet sing oor sy Naam. Julle moet vir Hom 'n pad maak, vir Hom wat deur die droë woestyn ry. Sy Naam is Here, en julle moet vir Hom juig. God is in sy gewyde woonplek. Hy is 'n Pa vir weeskinders en 'n Regter wat reg doen aan weduwees. God laat die mense wat alleen in die wêreld is, in 'n huis woon. Hy bring gevangenes uit die tronk en Hy laat dit goed gaan met hulle. Maar mense wat opstandig is teen Hom, moet woon op 'n kaal en droë plek. O God, toe U begin loop het voor u volk, toe U deur die wilde woestyn geloop het, Sela
PSALMS 68:4-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap. Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig! 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning. God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land. O God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela
PSALMS 68:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees, hulle sal juig voor God, hulle sal vrolik en bly wees. Sing 'n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak 'n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. 'n Vader vir weeskinders en 'n beskermer van die reg van weduwees is God in sy heilige woning. God laat eensames in 'n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in 'n kaal woestyn. Toe U u volk uitgelei het, o God, toe U deur die woestyn gestap het, Sela
PSALMS 68:4-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die regverdiges is bly, hulle jubel voor God, hulle juig van vreugde. Sing vir God, besing sy Naam! Verheerlik Hom wat op die wolke ry – HERE is sy Naam – jubel voor Hom! 'n Vader vir vaderloses, 'n regter vir weduwees, is God in sy •heilige woonplek. God laat eensames weer in 'n huisgesin woon, Hy lei gevangenes uit na voorspoed, maar hardkoppiges woon in 'n verskroeide land. O God, toe U voor u volk uitgegaan het, toe U vooruitgestap het in die wildernis, •Sela
PSALMS 68:4-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam; loof hom wat op die hemel ry by sy Naam JAHWEH, en juig voor sy aangesig. 'n Vader van die wees en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning. God laat die eensames in families sit, die wat met kettings vasgebind is, bring Hy uit, maar die wederstrewiges woon in 'n droë land. O God, toe U voor u volk uitgetrek het, toe U deur die woestyn getrek het; Sela: Die aarde het gebewe, die hemel het ook gedaal voor God; selfs Sinai het geruk voor God, die God van Israel.
PSALMS 68:4-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar die vromes sal verheug wees, hulle sal bly wees voor God, hulle sal jubel van vreugde. Sing tot God, lofsing sy Naam! Huldig Hom wat ry op die wolke. Sy Naam is HERE – jubel voor Hom! ’n Vader vir wese, ’n beskermer van weduwees; dít is God in sy heilige woning. God gee aan die eensame ’n tuiste; dié wat gevange is, lei Hy na vryheid, maar opstandelinge woon in ’n verlate woestyn. O God, toe U u volk uitgelei het, toe U deur die woestyn getrek het, Sela