PSALMS 63:1-4
PSALMS 63:1-4 Bybel vir almal (ABA)
'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. O God, U is my God, ek wil naby U wees. Ek verlang na U hier in 'n droë land, hier is nie water nie, en alles kry swaar om te lewe. Ek het in die tempel na U gekyk, en ek het gesien dat U sterk is en dat U die Koning is. Ek wil dit nou ook weer sien. U doen wat U belowe, en dit is beter as die lewe self. Daarom wil ek U prys.
PSALMS 63:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. O God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water. Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien. Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
PSALMS 63:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn. Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.
PSALMS 63:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Psalm. Van Dawid. Toe hy in die woestyn van Juda was. God, U is my God, na U soek ek; my •siel dors na U, my liggaam smag na U in 'n droë, uitgeputte land sonder water. So het ek uitgesien na U in die heiligdom, om u krag en glorieryke teenwoordigheid te ervaar, want u troue liefde is beter as die lewe. My lippe sal U roem
PSALMS 63:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O God, U is my God; vroeg sal ek U soek: my siel dors na U, my vlees smag na U in 'n dor en dorsland waar geen water is nie; om u krag en U heerlikheid te sien, soos ek u in die heiligdom gesien het. Omdat u goedertierenheid beter is as die lewe, sal my lippe U loof. So sal ek jou seën terwyl ek lewe: Ek sal my hande ophef in u Naam.