PSALMS 63:1-2
PSALMS 63:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U; my hele liggaam verlang na U soos ’n dor land sonder water.
PSALMS 63:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. O God, U is my God, ek wil naby U wees. Ek verlang na U hier in 'n droë land, hier is nie water nie, en alles kry swaar om te lewe.
PSALMS 63:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. O God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
PSALMS 63:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn. Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water.