PSALMS 62:5-6
PSALMS 62:5-6 Bybel vir almal (ABA)
My vyande wil net een ding doen, hulle wil my verneder. Hulle hou daarvan om te lieg. Hulle sê dat hulle my seën, maar in hulle hart vervloek hulle my. Ek kan net by God stil wees, ek wéét Hy sal my help.
PSALMS 62:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela. Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
PSALMS 62:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle. Sela Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.
PSALMS 62:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, hulle beplan om hom af te stoot van sy hoë plek, hulle hou van leuens. Met die mond seën hulle, maar in hulle binneste vloek hulle. •Sela Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig.
PSALMS 62:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My siel, wag net op God; want my verwagting is van hom. Hy alleen is my rots en my heil; hy is my beskutting; Ek sal nie geroer word nie.
PSALMS 62:5-6 Die Boodskap (DB)
Hulle wil my laat neerslaan. Daardie mense praat agteraf van my. Hulle vertel leuens. Hulle praat mooi woordjies, maar binne-in dink hulle anders. Hulle lewe is vol slegte dinge. Ek het vir myself gesê: Word stil en rustig by die Here. Om by Hom te wees gee vir my hoop. Ek vertrou Hom. Hy beskerm en red my.