PSALMS 6:6-8
PSALMS 6:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie. Kan iemand in die doderyk U prys? Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane. My oë het dof geword van verdriet, verswak deur wat my teëstanders my aandoen.
PSALMS 6:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Want 'n mens wat dood is, kan nie aan U dink nie. Niemand in die doderyk kan U prys nie. Ek is moeg, ek het aangehou kla en sug, ek huil die hele nag, my bed is nat van die trane. My vyande laat my swaarkry, my oë is swak van die pyn, ek kan amper nie meer sien nie.
PSALMS 6:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk? Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane. My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.
PSALMS 6:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie. Kan iemand in die doderyk U prys? Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane. My oë het dof geword van verdriet, verswak deur wat my teëstanders my aandoen.
PSALMS 6:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waarlik, in die dood kan u gevierde Naam nie aangeroep word nie. Wie kan U in die •doderyk prys? Ek is moeg van my gesug, elke nag deurdrenk ek my bed, deurweek ek my slaapbank met trane. My oë is dik geswel van verdriet, vermoeid van al my teenstanders.
PSALMS 6:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek is moeg van my gekerm; die hele nag maak ek my bed om te swem; Ek water my rusbank met my trane. My oog is verteer vanweë droefheid; dit verouder vanweë al my vyande. Gaan weg van My, alle werkers van ongeregtigheid! want die HERE het die stem van my geween gehoor.
PSALMS 6:6-8 Die Boodskap (DB)
Mense wat dood is, kan U mos nie meer onthou nie. Onder die grond tussen die dooies is dit doodstil. Niemand prys U meer daar nie. Ek kan nie meer huil of kla nie; my kragte is op. In die nag huil ek my kussing nat. My hele bed is later nat van die trane. Al die pyn en hartseer maak my gedaan. Ek is moedeloos. Daardie spul wat niks van my hou nie, tap al my kragte.