PSALMS 6:2-4
PSALMS 6:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Here, U moenie vir my straf wanneer U kwaad is nie. Here, U moet jammer wees vir my en my help, want dit gaan sleg met my, U moet my gesond maak, want ek is baie siek. Ek is baie bang. Wanneer sal U my help?
PSALMS 6:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie. Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?
PSALMS 6:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here, en my in u gramskap tugtig nie. Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer. Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?
PSALMS 6:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
HERE, moet my in u toorn nie teregwys en my in u woede nie bestraf nie. Wees my genadig, HERE, want ek, ek kwyn weg; genees my, HERE, want tot in my gebeente is ek beangs, ja, tot in my siel is ek heeltemal vreesbevange. Ag, HERE, hoe lank nog?
PSALMS 6:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees my genadig, HERE; want ek is swak. HERE, genees my; want my gebeente is gekrenk. My siel is ook baie bedroef, maar U, HERE, hoe lank? Keer terug, HERE, red my siel; red my ter wille van u goedertierenheid.
PSALMS 6:2-4 Die Boodskap (DB)
Here, moet my nie straf as U kwaad is nie; moet my nie slaan as U woedend is nie. Wees goed vir my, Here, want ek word al hoe swakker. U moet my asseblief gesond maak, Here, want my liggaam is besig om in te gee. Ek is lam van moedeloosheid. Wat gaan U hieraan doen, Here? Hoe lank gaan dit nog so aanhou?