PSALMS 57:8-11
PSALMS 57:8-11 Bybel vir almal (ABA)
O God, ek weet wat ek wil doen. Ek wil sing en musiek maak. Ek wil wakker word, ek wil my harp en my lier neem en ek wil sing voordat die son opkom. Ek wil hê al die volke moet hoor wanneer ek vir U dankie sê en vir U sing, want U doen oral wat U belowe, ook tot by die hemel. U is oral dieselfde, ook tot by die wolke.
PSALMS 57:8-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing. Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak! Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies. Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.
PSALMS 57:8-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek voel weer veilig, o God! Ek voel weer veilig! Ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing. Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak! Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing, want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke!
PSALMS 57:8-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My hart is standvastig, o God, my hart is standvastig. Ek wil sing, ek wil lofsing. Word wakker, my gemoed! Word wakker, harp en lier! Ek wil die dagbreek wakker maak. Ek wil U dank onder die volke, my Heer, ek wil U besing onder die nasies; want groot, tot aan die hemel, reik u troue liefde; tot by die wolke is u waarheid.
PSALMS 57:8-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ontwaak, my eer; wakker word, psalter en harp: Ek self sal vroeg wakker word. Ek wil U loof, HERE, onder die volke; onder die nasies wil ek tot eer van U sing. Want u goedertierenheid is groot tot in die hemel en u trou tot in die wolke. Verhef U, o God, bo die hemele; laat U heerlikheid wees bo die hele aarde.
PSALMS 57:8-11 Die Boodskap (DB)
God, daar is vrede in my hart. Ek voel weer veilig. Ek is rustig en kalm. Daarom wil ek sing. Ek wil lofliedere sing om U te eer. Ek sal baie vroeg in die môre opstaan. Laat ek my musiekinstrumente nader trek. Daarmee wil ek die dag wakker sing. Tussen verskillende volke sal ek U prys, Here. Ek sal lofliedere sing om U tussen vreemde nasies te eer. Ek doen dit omdat u liefde vir my baie groot is. Dit is so groot dat ’n mens dit nie kan meet nie! En U bly getrou.
PSALMS 57:8-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek vertrou geheel en al op U. Op U, o God, vertrou ek onwrikbaar. Ek wil lofliedere sing. “Word vroeg wakker!” sê ek. “Harp en lier, word wakker!” Ek wil die dagbreek wakker maak! Voor die volke wil ek U prys, Here, tussen die nasies wil ek u lof besing. Want u trou is hoër as die hemele, u waarheid reik tot in die wolke.