PSALMS 55:7-8 - Compare All Versions

PSALMS 55:7-8 ABA (Bybel vir almal)

Ek het gewens dat ek vlerke kan kry soos 'n duif, dan sal ek wegvlieg en op 'n ander plek gaan woon. Ja, ek sal ver wegvlug en in die woestyn gaan bly. Sela

PSALMS 55:7-8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly! Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.

PSALMS 55:7-8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek het gedink: ag, as ek maar vlerke soos 'n duif gehad het, sou ek wegvlieg en 'n woonplek soek; ek sou ver wegvlieg en in die woestyn gaan bly; Sela

PSALMS 55:7-8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek het gedink, het ek maar vlerke gehad soos 'n duif! Ek sou wegvlieg en 'n tuiste vind; ja, ek sou ver weggaan om te ontvlug; ek sou in die woestyn oornag. •Sela

PSALMS 55:7-8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Kyk, dan sou ek ver wegdwaal en in die woestyn bly. Sela. Ek sou my ontvlugting van die winderige storm en storm verhaas.

PSALMS 55:7-8 DB (Die Boodskap)

Ek het by myself gedink: As ek maar net kan wegvlug van hierdie probleem af. Ek sou op ’n ander plek gaan bly het. As ek vlerke soos ’n voël gehad het, het ek ver weggevlieg. Ek sal so ver wegvlug dat niemand my kan kry nie.

PSALMS 55:7-8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek het gesê: “As ek maar vlerke het soos ’n duif, dan sal ek wegvlieg en rus hê!” Ek sou ver weg vlieg, ek sou in die woestyn gaan woon. Sela