PSALMS 55:4-6
PSALMS 55:4-6 Bybel vir almal (ABA)
wanneer ek hoor wat my vyande sê, wanneer die mense wat verkeerd doen, my wil laat swaarkry. Want hulle beskuldig my vals, hulle is kwaad en hulle haat my. My hart klop baie vinnig, ek is bang dat ek sal sterf. Ek het bang geword, baie bang, my hele liggaam bewe.
PSALMS 55:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand. My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval. Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
PSALMS 55:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
oor die dreigemente van my vyande en oor die druk van slegte mense op my. Hulle wil my met onreg breek; verwoed stook hulle vyandskap teen my. My hart krimp inmekaar in my, doodsangs oorval my, vrees en skrik oorweldig my, my hele liggaam bewe.
PSALMS 55:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
oor die geraas van vyande, oor die getier van goddeloses, want hulle laat onreg op my neerstort, en in toorn is hulle vyandig teenoor my. My hart krimp ineen in my binneste, doodsangs het my oorval. Vrees en bewing oorweldig my, 'n rilling trek deur my liggaam.
PSALMS 55:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My hart is pynlik in my binneste, en die verskrikkinge van die dood het op my geval. Vrees en bewing kom oor my, en angs het my oorweldig. En ek het gesê: Ag, het ek vlerke soos 'n duif gehad! want dan sou ek wegvlieg en rus.
PSALMS 55:4-6 Die Boodskap (DB)
Mense wat niks van my hou nie, los my nie uit nie. Slegte mense maak die wêreld vir my bitter moeilik. Hulle praat aanmekaar kwaad van my. Hulle behandel my soos ’n vloerlap. Ek kan dit nie meer uithou nie. Alles word net te veel vir my. Ek is bang om dood te gaan. Ek bewe soos ’n riet van vrees.
PSALMS 55:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
oor die dreiging van my vyande, oor die druk van die goddeloses. Hulle bring ellende oor my, en kweek vyandskap in hulle toorn. My hart pyn binne-in my. Die angs van die dood kom oor my. Vrees en bewing oorweldig my. Ek kan nie ophou bewe nie.