PSALMS 51:6
PSALMS 51:6 Bybel vir almal (ABA)
Ek het sonde gedoen teen U, net teen U, ek het dinge gedoen waarvan U nie hou nie. Daarom was U reg toe U gesê het dat ek skuldig is, U het nie 'n fout gemaak toe U my ge-oordeel het nie.
PSALMS 51:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
PSALMS 51:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.
PSALMS 51:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Teen U, teen U alleen, het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U gelyk sal hê as U uitspraak lewer, volkome reg wanneer U oordeel.
PSALMS 51:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, U begeer waarheid in die binneste, en in die verborge sal U my wysheid leer ken.