PSALMS 51:3-5
PSALMS 51:3-5 Die Boodskap (DB)
God, wees my genadig. U het tog u kinders baie lief. Vergewe my al my sonde omdat U u kinders oorlaai met arms vol liefde. Vat my verkeerde dade baie ver van my af weg. Delg die skuld van my sondes uit. Maak my skoon omdat my sondes my vuilgesmeer het. Ek weet dat ek groot foute in u oë gemaak het. Ek kan nie ophou om daaraan te dink nie. My gewete pla my aanmekaar.
PSALMS 51:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde. Wis tog my sonde uit, op grond van u barmhartigheid. Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde. Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my.
PSALMS 51:3-5 Bybel vir almal (ABA)
O God, U moet genadig wees vir my, want U doen altyd wat U belowe het. U is altyd jammer vir u mense, daarom moet U nie meer daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet alles wegneem wat ek verkeerd gedoen het. U moet my reinig en my sonde wegwas soos 'n mens iemand skoon was. Ja, ek weet self dat ek opstandig was, ek vergeet nooit my sonde nie.
PSALMS 51:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
PSALMS 51:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus.
PSALMS 51:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde; wis my oortredings uit volgens u groot ontferming. Was my heeltemal skoon van my sondeskuld en reinig my van my sonde want ek is deeglik bewus van my oortredings en my sonde is voortdurend voor my.
PSALMS 51:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek erken my oortredinge, en my sonde is altyd voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oë, sodat U geregverdig kan word as U spreek, en duidelik kan wees as U oordeel. Kyk, ek is gevorm in ongeregtigheid; en in sonde het my moeder my ontvang.