PSALMS 51:2-4
PSALMS 51:2-4 Bybel vir almal (ABA)
toe hy seks gehad het met Batseba en die profeet Natan na hom toe gekom het. O God, U moet genadig wees vir my, want U doen altyd wat U belowe het. U is altyd jammer vir u mense, daarom moet U nie meer daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet alles wegneem wat ek verkeerd gedoen het. U moet my reinig en my sonde wegwas soos 'n mens iemand skoon was.
PSALMS 51:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het. Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
PSALMS 51:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!
PSALMS 51:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die profeet Natan na hom gegaan het nadat hy met Batseba omgang gehad het. Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde; wis my oortredings uit volgens u groot ontferming. Was my heeltemal skoon van my sondeskuld en reinig my van my sonde
PSALMS 51:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Was my deeglik van my ongeregtigheid, en reinig my van my sonde. Want ek erken my oortredinge, en my sonde is altyd voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oë, sodat U geregverdig kan word as U spreek, en duidelik kan wees as U oordeel.