PSALMS 51:15-17
PSALMS 51:15-17 Die Boodskap (DB)
Ek wil baie graag mense help wat nie doen wat U sê nie. Ek wil vir hulle sê om hulle sondes te laat staan en na U toe terug te kom. God, help my om nie ander mense se lewe te vernietig nie! U is die God wat my lewe heelmaak. Help my om vol blydskap vir ander te vertel van die goeie dinge wat U doen. Here, sit al die regte woorde waarmee ek U kan prys in my mond.
PSALMS 51:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir mense wat opstandig is, leer hoe om vir U te dien, sondaars sal terugkom na U toe. O God, U moet my red sodat mense my nie doodmaak nie. U is die God wat my sal red, ek sal juig wanneer U my red. My Here, gee vir my die woorde om U te prys
PSALMS 51:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
PSALMS 51:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. Here, gee my die woorde om u lof te verkondig.
PSALMS 51:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek wil oortreders u paaie leer, dat sondaars na U kan terugkeer. Red my van bloedskuld, o God, God wat my verlos, laat my tong juig oor u geregtigheid. My Heer, maak my lippe oop en my mond sal u lof verkondig.
PSALMS 51:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O HERE, open my lippe; en my mond sal U lof verkondig. Want jy wil nie offerandes hê nie; anders sou ek dit gee. U het geen behae in brandoffer nie. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart, o God, sal U nie verag nie.