PSALMS 51:11-12
PSALMS 51:11-12 Bybel vir almal (ABA)
U moenie na my sonde kyk nie, U moenie dink aan al die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort.
PSALMS 51:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
PSALMS 51:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.
PSALMS 51:11-12 Die Boodskap (DB)
Moet nooit weer dink aan die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. Vat alles weg uit my lewe wat nie reg is in u oë nie. Maak my opreg, God! Maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan. Moet my nie van U af wegstoot nie.