PSALMS 51:10-13
PSALMS 51:10-13 Bybel vir almal (ABA)
U het my baie swaar laat kry, maar U moet my weer vrolik en bly maak, U moet my weer laat juig. U moenie na my sonde kyk nie, U moenie dink aan al die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort. U moenie vir my weggooi nie, U moet altyd by my bly.
PSALMS 51:10-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
PSALMS 51:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel. Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!
PSALMS 51:10-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat my weer uitroepe van vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente wat U verbrysel het, juig. Sluit u oë vir my sonde, en al my sondeskuld, wis dit uit! Skep 'n rein hart vir my, o God, vernuwe 'n bestendige gees in my binneste. Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet u •heilige Gees nie van my wegneem nie.
PSALMS 51:10-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Skep vir my 'n rein hart, o God; en vernuwe 'n regte gees in my binneste. Verwerp my nie van U aangesig af nie; en neem u heilige gees nie van my af nie. Gee my die vreugde van U verlossing terug; en ondersteun my met u vrye gees. Dan sal Ek oortreders U weë leer; en sondaars sal hulle tot U bekeer.
PSALMS 51:10-13 Die Boodskap (DB)
Help my om weer opgewonde en bly te wees. Help my om te jubel van vreugde, al het U my swaar gestraf. Moet nooit weer dink aan die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. Vat alles weg uit my lewe wat nie reg is in u oë nie. Maak my opreg, God! Maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan. Moet my nie van U af wegstoot nie. Jaag my nooit voor U weg nie. Laat u Goddelike krag ook nie van my af weggaan nie. U krag sorg dat ek doen wat U vra.
PSALMS 51:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek, laat my weer vol vreugde wees. Moenie let op my sondes nie, en wis al my oortredings uit. Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees. Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.