PSALMS 50:9-12
PSALMS 50:9-12 Bybel vir almal (ABA)
Ek vra nie bulle uit julle stalle of bokke uit julle krale nie, want al die wilde diere in die bos en die diere op duisende berge is Myne. Ek ken al die voëls op die berge, en al die baie diertjies in die veld behoort aan My. Wanneer Ek honger word, dan sal Ek nie vir julle kos vra nie, want die wêreld en alles daarop is Myne.
PSALMS 50:9-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie; want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
PSALMS 50:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek wil geen jong bul uit jou stal hê of bokke uit jou krale nie, want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne. Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie, want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My.
PSALMS 50:9-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal nie uit jou stal 'n bul vat, bokramme uit jou krale nie, want aan My behoort al die wild in die bos, die diere op 'n duisend berge. Ek ken al die voëls op die berge en die insekte van die veld is aan My bekend. As Ek honger word, sal Ek jou nie sê nie, want die wêreld en die volheid daarvan is myne.
PSALMS 50:9-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal geen bul uit jou huis haal nie, en ook geen bokke uit jou krale nie. Want al die diere van die woud is myne, en die vee op duisend heuwels. Ek ken al die voëls van die berge, en die wilde diere van die veld is myne. As ek honger was, sou ek dit nie vir jou sê nie, want die wêreld is myne en die volheid daarvan.
PSALMS 50:9-12 Die Boodskap (DB)
Ek het nie julle bokke of beeste nodig wat julle so offer nie. Alles behoort in elk geval aan My. Daar is duisende wilde diere wat Myne is. Ja, al die beeste wat jy op die berge sien wei, behoort aan My. Die voëls wat vlieg en die diertjies wat in die veld kruip, is almal Myne. Sê nou Ek is honger, sou Ek vir jou kos vra? Nee, want alles in die wêreld behoort aan My.
PSALMS 50:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek soek geen bul uit jou stal, of bokke uit jou kraal nie. Want al die diere van die bos is Myne, ook die wild op duisende berge. Ek ken elke voël op die berge; al wat roer in die veld is Myne. Sou Ek honger wees, sal Ek jou dit nie sê nie, want aan My behoort die aarde en alles daarop.