PSALMS 50:23
PSALMS 50:23 Bybel vir almal (ABA)
Die belangrikste offer wat Ek wil hê van die mens wat My eer, is dat hy vir My dankie moet sê vir alles. Jy moet dankie sê vir alles. Wanneer 'n mens reg lewe, dan sal Ek hom laat sien hoe dit is wanneer God hom red.”
PSALMS 50:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
PSALMS 50:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die mens wat My eer, is die een wat lof as 'n offer bring. Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red.”
PSALMS 50:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie dankoffers bring, eer My en wie 'n weg baan – Ek sal hom God se verlossing laat ervaar.”
PSALMS 50:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie lof bring, verheerlik My; en aan hom wat sy wandel reg rig, sal Ek die heil van God bekend maak.