PSALMS 50:13-14
PSALMS 50:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Eet Ek dalk die vleis van bulle, of drink Ek die bloed van bokke? Offer dankoffers aan God, en betaal jou geloftes aan Hom die Allerhoogste.
PSALMS 50:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Ek eet nie die vleis en Ek drink nie die bloed van die bulle en bokke wat julle offer nie. Nee, die offer wat jy vir God moet bring, is dit: Jy moet vir Hom dankie sê vir alles. En jy moet doen wat jy belowe het aan My, die Hoogste God.
PSALMS 50:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink? Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste
PSALMS 50:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eet Ek miskien die vleis van die bulle wat julle offer, of drink Ek die bloed van bokke? Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.
PSALMS 50:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Eet Ek die vleis van bulle, en die bloed van bokramme, drink Ek dit? Offer dank aan God, betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.