PSALMS 46:2-3,5
PSALMS 46:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see
PSALMS 46:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste.
PSALMS 46:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help. Daarom sal ons nie bang wees nie, al bewe die aarde, al verskuif die berge diep in die see
PSALMS 46:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die strome van die rivier bring vreugde in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste.
PSALMS 46:2-3 Bybel vir almal (ABA)
God beskerm ons en Hy maak ons sterk, Hy is altyd gereed om ons te help. Daarom is ons nie bang nie, ook nie wanneer die aarde skud, en die berge tot in die see val nie
Psalms 46:5 Bybel vir almal (ABA)
Daar is 'n rivier, sy strome maak die mense bly wat woon in die stad van God, die gewyde woonplek van die Hoogste God.
PSALMS 46:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
PSALMS 46:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
PSALMS 46:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God is vir ons 'n skuilplek en 'n bron van krag; as hulp in benoudheid is Hy altyd te vinde. Daarom sal ons nie bang wees wanneer die aarde skud, en berge wankel in die hart van die see nie.
Psalms 46:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is 'n rivier – sy watervore verskaf vreugde aan die stad van God, die heiligste woonplek van die Allerhoogste.
PSALMS 46:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal ons nie vrees nie, al wankel die aarde en al word die berge in die middel van die see weggevoer; Al dreun sy waters en word ontsteld, al bewe die berge van die swelling daarvan. Sela.
Psalms Psalm 46:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God is in haar midde; sy sal nie wankel nie: God sal haar help, en dit vroegtydig.
PSALMS 46:2-3 Die Boodskap (DB)
As ons in ons nood wil vlug, kan ons na God toe vlug. Hy is baie sterk. As ons beskerming soek, sal die Here ons beskerm. As ons in die moeilikheid is, sal Hy ons help. Daarom skrik ons vir niks nie. Al sou die aarde bewe en dit lyk of die berge in die see wil wegsak, ons is nie bang nie.