PSALMS 45:5
PSALMS 45:5 Die Boodskap (DB)
Ry uit as oorwinnaar. U veg mos vir wat waar is. Om armes te help en reg op te tree lê u na aan die hart. Ja, u doen magtige dinge.
PSALMS 45:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Geklee in majesteit, trek tog uit na die oorwinning. Ter wille van waarheid, sagmoedigheid en reg, laat u regterhand skrikwekkende dade verrig!
PSALMS 45:5 Bybel vir almal (ABA)
Jy is die koning en jy sal doen wat jy moet doen. Waar jy gaan, moet jy reg doen. Jy moet nederig bly, dit is reg, dan sal jy sterk wees en belangrike dinge doen.
PSALMS 45:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
PSALMS 45:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag u oorwin! Knoop die stryd aan vir die waarheid en vir die reg van die hulpelose! U is geroepe tot magtige dade.
PSALMS 45:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Seëvier in u glansrykheid! Trek op ter wille van waarheid, nederigheid en •geregtigheid! Laat u regterhand vir u ontsagwekkende dinge leer.
PSALMS 45:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U pyle is skerp in die hart van die koning se vyande; waardeur die volk onder jou val.