PSALMS 42:9-11
PSALMS 42:9-11 Bybel vir almal (ABA)
As die Here elke dag vir my doen wat Hy belowe het, dan sal ek elke nag 'n lied vir Hom sing, ek sal bid tot die God wat my laat aanhou lewe. Ek sal vir God sê: My Rots, hoekom het U my vergeet? Hoekom moet ek aanhou rou omdat vyande my laat swaarkry? Dit voel of iemand my doodsteek wanneer my vyande my spot en aanhou sê: “Waar is jou God?”
PSALMS 42:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe. Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking? Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
PSALMS 42:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk en sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing, 'n gebed tot die God van my lewe. Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?” Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir my sê: “En waar is jou God nou?”
PSALMS 42:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bedags sal die HERE sy troue liefde laat geld, en snags sal 'n lied vir Hom by my opkom, 'n gebed tot die God van my lewe. Ek wil vir God sê: “My rotsvesting, waarom het U my vergeet, waarom moet ek in rouklere loop oor die verdrukking deur 'n vyand?” Dit sny tot op die been, as my teenstanders my tart deur die hele dag lank vir my te vra: “Waar is jou God?”
PSALMS 42:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal tot God, my rots, sê: Waarom het U my vergeet? waarom gaan ek treur oor die onderdrukking van die vyand? Soos met 'n swaard in my gebeente, smaad my vyande my; terwyl hulle daagliks vir my sê: Waar is jou God? Waarom is jy neergewerp, o my siel? en waarom is jy onrustig in my? hoop jy op God, want ek sal Hom nog loof wat die gesonde van my aangesig en my God is.
PSALMS 42:9-11 Die Boodskap (DB)
Maar die Here sal my weer bevry. Bedags sal Hy by my wees met sy liefde, terwyl ek in die nag lofliedere vir Hom sal sing. In my gebed sal ek by Hom wees. Ek sal tot Hom bid, want Hy is die God wat my oppas. Ek wil vir God sê: “U bewaar my mos! Waarom het U dan vergeet om my te help? Waarom moet ek so swaarkry? Waarom moet ek hartseer wees? Mense wat niks van my hou nie, maak dit vir my moeilik. Hulle gespot word vir my te erg.” Dit voel of hulle ’n mes in my hart steek as hulle heeltyd vir my sê: “Waar is jou God dan? Hoekom help Hy jou nie?”
PSALMS 42:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Tog sal die HERE bedags weer sy trou betoon. Selfs in die donker nag sing ek sy lied, ’n gebed tot die God van my lewe. Ek sal roep tot God en sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek met rouklere loop omdat die vyand my verdruk?” Dis soos ’n diep wond in my binneste wanneer vyande met my spot, wanneer hulle dag na dag vra: “Waar is jou God?”