PSALMS 40:2-3
PSALMS 40:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Ek het aangehou wag dat die Here my moet help, en Hy het na my toe gebuig en gehoor hoe ek kla en sug. En toe het Hy my opgetrek uit die diep gat vol slym en modder, ek het amper daar gesterf. Hy het my op 'n rots neergesit, my voete kon daar vas staan.
PSALMS 40:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.
PSALMS 40:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop.
PSALMS 40:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het op die HERE bly wag, Hy het na my afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my opgetrek uit die put van verderf, uit die modderige slik. Hy het my voete op 'n rotsbank laat staan, my voetstappe vastigheid gegee.
PSALMS 40:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het my ook uit 'n afgryslike kuil, uit die modderige klei laat optrek en my voete op 'n rots gestel en my weë bevestig. En Hy het 'n nuwe lied in my mond gelê, lof tot eer van onse God; baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.
PSALMS 40:2-3 Die Boodskap (DB)
Ek het lank gewag dat die Here my sou help, en dit het toe gebeur. Hy het na my toe afgebuig. Ek het nie teen die dak vasgebid nie. Hy het my gehoor. Toe ek ernstig hulp gevra het, het die Here my gehelp. Hy het gekeer dat ek doodgaan. Hy het my uit die dood opgetel. Dit was of ek in modder weggesak het. Nou is my lewe weer op die regte koers. Ek staan sterk. Hy het weer nuwe blydskap in my lewe gegee.