PSALMS 4:6-8
PSALMS 4:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bring die voorgeskrewe offers en vertrou op die HERE. Baie mense sê: “Wie sal vir ons goeie dinge wys?” Laat u glimlag oor ons skyn, HERE! U het vir my meer vreugde verskaf as dié met graan en wyn in oorvloed.
PSALMS 4:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die regte offers bring en julle moet glo dat die Here julle sal help. Daar is baie mense wat vra: “Wie sal dit goed laat gaan met ons?” Here, U moet weer goed wees vir ons. U het my bly gemaak, blyer as mense wat baie koring en wyn het.
PSALMS 4:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE. Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE! Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
PSALMS 4:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet die offers bring wat aan julle voorgeskryf is, en julle moet op die Here vertrou. Daar is baie wat sê: “Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?” Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons! U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het.
PSALMS 4:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bring offers van geregtigheid en vertrou op die HERE. Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, HERE! U het vreugde in my hart gegee, meer as in die tyd wanneer mense se koring en •nuwe wyn volop is.
PSALMS 4:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is baie wat sê: Wie sal ons iets goeds wys? HERE, verhef U die lig van u aangesig oor ons. U het blydskap in my hart gegee, meer as in die tyd dat hulle koring en hulle wyn vermeerder het. Ek sal my in vrede neerlê en slaap, want U, HERE, laat my net veilig woon.
PSALMS 4:6-8 Die Boodskap (DB)
Dien die Here met oorgawe! Vertrou op Hom. Jy het al baie mense hoor sê: “Wanneer sal dit weer met ons goed gaan?” Help tog, Here! Kyk na ons kant toe. Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie. Ek is blyer daaroor as wat ander bly word oor miljoene rande, oorsese reise of blink motors.