PSALMS 39:5-7
PSALMS 39:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Here, U moet vir my laat weet wanneer ek sal sterf. Hoe lank sal ek nog lewe? Ek wil weet wanneer my lewe verby sal wees. Ek weet, U sal my nie lank laat lewe nie, vir U is die tyd wat ek lewe, soos niks. Ja, niemand is soos hy moet wees nie. Sela 'n Mens se lewe is soos 'n skaduwee wat verbygaan, hy maak hom moeg, maar hy kry niks daarvoor nie. Hy maak baie goed bymekaar maar hy weet nie wie dit sal kry nie.
PSALMS 39:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is. Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela. Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.
PSALMS 39:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here, en hoeveel dae daar vir my oor is, sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is. Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees, in u oë is my lewensduur byna niks. Ag, alle mense is maar verganklik. Sela Die mens leef soos in 'n droom en hy sloof hom af vir niks. Hy gaar op, maar weet nie wie dit sal kry nie.
PSALMS 39:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“HERE, maak my einde aan my bekend en die getal van my dae, hoeveel dit is. Ek wil weet hoe verganklik ek is. Kyk, U het my lewensdae net 'n paar handbreedtes gemaak, en my lewensduur is soos niks voor U. Elke mens wat stewig staan, is 'n blote asemteug. •Sela As 'n blote skaduwee gaan mense deur die lewe. Ja, terwyl hulle 'n blote asemteug is, werskaf hulle – mense maak bymekaar, maar weet nie wie dit gaan kry nie.
PSALMS 39:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, U het my dae soos 'n handbreedte gemaak; en my ouderdom is soos niks voor jou; waarlik, elke mens in sy beste toestand is heeltemal nietigheid. Sela. Waarlik, elke mens wandel in 'n nietige boodskap; sekerlik is hulle tevergeefs ontsteld: hy versamel rykdom en weet nie wie dit sal insamel nie. En nou, HERE, waarvoor wag ek? my hoop is op U.
PSALMS 39:5-7 Die Boodskap (DB)
Ek het vir die Here gevra: Hoe lank sal ek nog leef? Hoe kort gaan my lewe wees? Ek wil weet hoeveel tyd ek nog oorhet! Wanneer kom my einde? Here, U gee my maar ’n kort lewe. In u oë is ’n mens se lewe amper niks. Ons gaan so gou dood. Die mens se lewe is net soos ’n flitslig wat jy aan- en afskakel. Dit skyn ’n kort rukkie, dan gaan dit dood. Die mens hou hom met baie dinge besig. Hy sloof hom af. Hy maak ’n klomp besittings bymekaar. Maar hy weet nie wie dit alles gaan erf nie.
PSALMS 39:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“HERE, sê my tog wanneer is my einde. Wat is die getal van my lewensdae? Laat my besef hoe lank my lewe nog sal wees! Kyk, U het my lewe ’n blote handbreedte lank gemaak. My lewensduur is byna niks in u oë nie. Al is hy hoe selfversekerd, die mens is verganklik.” Sela Die mens is net ’n bewegende skaduwee. Al sy gejaagdheid is tevergeefs: Hy versamel rykdom, maar weet nie wie dit gaan gebruik nie.