PSALMS 39:4-5
PSALMS 39:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Die pyn het gebrand in my. Wanneer ek daaraan gedink het, dan het die pyn meer gebrand. En toe het ek gepraat. Ek het gesê: Here, U moet vir my laat weet wanneer ek sal sterf. Hoe lank sal ek nog lewe? Ek wil weet wanneer my lewe verby sal wees.
PSALMS 39:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong: HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.
PSALMS 39:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was 'n brandpyn in my, my smart het 'n vuur in my geword. Toe móés ek praat. Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here, en hoeveel dae daar vir my oor is, sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is.
PSALMS 39:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My hart het gegloei in my binneste; toe ek gesug het, het die vuur opgevlam, my tong het los geraak: “HERE, maak my einde aan my bekend en die getal van my dae, hoeveel dit is. Ek wil weet hoe verganklik ek is.
PSALMS 39:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
HERE, maak my my einde en die maat van my dae bekend wat dit is; sodat ek kan weet hoe swak ek is. Kyk, U het my dae soos 'n handbreedte gemaak; en my ouderdom is soos niks voor jou; waarlik, elke mens in sy beste toestand is heeltemal nietigheid. Sela.