PSALMS 37:7-8
PSALMS 37:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet stilbly en geduldig wag totdat die Here iets doen. Jy moenie kwaad word wanneer dit goed gaan met iemand wat skelm planne maak nie. Jy moenie kwaad en ontsteld word nie, jy moet dit los. Jy moenie kwaad word nie, dit bring net probleme.
PSALMS 37:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie. He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.
PSALMS 37:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
PSALMS 37:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees stil voor die HERE, en krimp ineen van vrees voor Hom. Moet jou nie ontstel oor iemand wat sukses behaal op sy lewenspad nie, oor 'n mens wat komplotte smee nie. Moenie kwaad word nie en laat vaar die woede; moet jou nie ontstel nie, dit bring net kwaad.
PSALMS 37:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Rus in die HERE en wag geduldig op Hom; wees nie kwel oor hom wat voorspoedig is op sy weg, oor die man wat slegte planne uitwerk nie. Hou op van toorn en laat vaar die toorn; moenie kwaad wees in enige opsig om kwaad te doen nie.