PSALMS 37:4-6
PSALMS 37:4-6 Bybel vir almal (ABA)
As jy gelukkig voel omdat jy aan die Here behoort, dan sal Hy vir jou alles gee wat jy wil hê. Jy moet glo dat die Here jou op jou pad sal lei en dat Hy sal doen wat Hy belowe het. As jy dit glo, dan sal Hy dit doen en Hy sal vir almal wys dat jy onskuldig is, Hy sal vir almal sê jy is iemand wat reg doen.
PSALMS 37:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer; en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
PSALMS 37:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.
PSALMS 37:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vind jou vreugde in die HERE, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer. Vertrou jou lewenspad aan die HERE toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree. Hy sal jou •geregtigheid soos die oggendlig laat verskyn en jou reg soos die middagson.
PSALMS 37:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verlustig jou ook in die HERE; en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die HERE oor; vertrou ook op Hom; en hy sal dit laat gebeur. En Hy sal jou geregtigheid voortbring soos die lig en jou oordeel soos die middag.
PSALMS 37:4-6 Die Boodskap (DB)
Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê. Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg. Hy sal jou op die regte pad hou. Die Here sal vir almal wys dat jy reg leef.