PSALMS 37:34
PSALMS 37:34 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy belowe en jy moet lewe soos Hy wil hê. Dan sal Hy jou die hoof van die land laat word, en jy sal sien hoe die mense wat verkeerd doen, uit die land moet weggaan.
PSALMS 37:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.
PSALMS 37:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.
PSALMS 37:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wag op die HERE, en hou by sy pad, dan sal Hy jou aansien gee om grond te besit. Jy sal toekyk wanneer goddeloses uitgeroei word.
PSALMS 37:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog om die land te besit; as die goddelose uitgeroei word, sal jy dit sien.