PSALMS 37:3-4
PSALMS 37:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy belowe het en jy moet goeie dinge doen. Dan sal jy in hierdie land woon en jy sal veilig wees. As jy gelukkig voel omdat jy aan die Here behoort, dan sal Hy vir jou alles gee wat jy wil hê.
PSALMS 37:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
PSALMS 37:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
PSALMS 37:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vertrou op die HERE en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid. Vind jou vreugde in die HERE, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer.
PSALMS 37:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vertrou op die HERE en doen goed; so sal jy in die land woon, en voorwaar, jy sal gevoed word. Verlustig jou ook in die HERE; en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart.
PSALMS 37:3-4 Die Boodskap (DB)
Glo liewer in die Here. Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here. Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê.