PSALMS 36:8-9
PSALMS 36:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Dit is vir ons kosbaar, o God, dat U doen wat U belowe het. Mense weet dat U hulle sal beskerm. Daar is baie dinge wat mense kan geniet in u tempel, dit is soos strome water wat U vir hulle gee om te drink.
PSALMS 36:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels. Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
PSALMS 36:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.
PSALMS 36:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hoe kosbaar is u troue liefde, o God! Mense skuil in die skadu van u vlerke. Hulle drink hulle versadig aan die oorvloed van u huis, uit die stroom van u genietinge laat U hulle drink.
PSALMS 36:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle sal oorvloedig versadig word van die vettigheid van jou huis; en jy moet hulle laat drink uit die rivier van jou genot. Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sal ons lig sien.