PSALMS 34:19-20
PSALMS 34:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
PSALMS 34:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is naby die mense wat dink dit sal nooit beter gaan met hulle nie, Hy red die mense wat heeltemal moedeloos geword het. Daar is baie dinge wat 'n mens wat reg lewe, laat swaarkry, maar die Here red Hom van al hierdie dinge.
PSALMS 34:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.
PSALMS 34:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is na aan hulle wat gebroke harte het; wie se gees verpletter is, verlos Hy. 'n Regverdige ervaar baie teenspoed, maar uit dit alles red die HERE hom.
PSALMS 34:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die ellende van die regverdige is baie, maar die HERE verlos hom uit almal. Hy bewaar al sy gebeente; nie een van hulle word gebreek nie.
PSALMS 34:19-20 Die Boodskap (DB)
Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed. Al tref duisende rampe mense wat die Here liefhet, Hy sal hulle nooit alleen los nie. Uit elke krisis sal Hy hulle red.