PSALMS 34:15-22
PSALMS 34:15-22 Die Boodskap (DB)
Vermy slegte dinge. Doen net goeie dinge aan ander. Lewe in vrede met mense. Die Here sorg vir almal wat doen wat Hy sê. Hy help hulle wat Hom om hulp vra. Maar die Here ignoreer mense wat kwaad doen. Hy gaan hulle laat verdwyn. Niemand sal ooit weer aan hulle dink nie. Die Here help dié wat Hom liefhet. As hulle Hom om hulp vra, red Hy hulle uit al hulle probleme. Hy hoor as hulle na Hom roep. Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed. Al tref duisende rampe mense wat die Here liefhet, Hy sal hulle nooit alleen los nie. Uit elke krisis sal Hy hulle red. Hy beskerm sy kinders tot in die fynste besonderhede. Daar sal nie ’n been in jou liggaam gebreek word sonder dat Hy daarvan weet nie. Maar mense wat weier om die Here te dien sal deur hulle slegte dade aan hulle einde kom; hulle wat die Here se kinders sleg behandel, sal met eie munt daarvoor terugbetaal word.
PSALMS 34:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vermy die kwaad en doen wat goed is. Soek vrede en streef dit na. Die HERE waak oor hulle wat reg doen; Hy luister na die geroep om hulp. Maar die HERE tree op teen hulle wat kwaad doen en verwyder die herinnering aan hulle op die aarde. Wanneer mense roep om hulp, hoor die HERE. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle. Die HERE is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die HERE hom. Want die HERE beskerm selfs elke been. Nie een van hulle sal gebreek word nie. Onheil sal sekerlik die goddeloses inhaal; hulle wat die regverdiges haat, sal veroordeel word.
PSALMS 34:15-22 Bybel vir almal (ABA)
Hy moenie verkeerde dinge doen nie, hy moet goeie dinge doen, hy moet altyd probeer om vrede te maak. Die Here kyk na die mense wat reg lewe en Hy sorg vir hulle. Hy luister wanneer hulle roep en vra dat Hy hulle moet help. Die Here hou nie van mense wat verkeerde dinge doen nie, Hy sal hulle laat verdwyn, en niemand in die land sal nog aan hulle dink nie. Wanneer die mense wat reg lewe, roep en vra dat die Here hulle moet help, dan luister die Here, en Hy red hulle van alles wat dit sleg laat gaan met hulle. Die Here is naby die mense wat dink dit sal nooit beter gaan met hulle nie, Hy red die mense wat heeltemal moedeloos geword het. Daar is baie dinge wat 'n mens wat reg lewe, laat swaarkry, maar die Here red Hom van al hierdie dinge. Die Here sorg vir die mens wat reg lewe se hele liggaam, niemand sal die bene in so 'n mens se liggaam breek nie. Die mens wat verkeerd lewe, sal sterwe omdat hy verkeerd doen, die mense wat die mense haat wat reg lewe, sal skuldig wees, en die Here sal hulle straf.
PSALMS 34:15-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na. Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep. Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom. Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie. Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.
PSALMS 34:15-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep. Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af. As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige: geen been word gebreek nie. Die kwaad wat die goddelose doen, bewerk sy eie ondergang: vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.
PSALMS 34:15-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vermy die kwaad, en doen die goeie; soek vrede, en jaag dit na. Die oë van die HERE is op die regverdiges, sy ore op hulle hulpgeroep. Die gesig van die HERE is gerig teen kwaaddoeners om hulle gedagtenis uit te roei van die aarde af. Regverdiges roep om hulp en die HERE luister, uit al hulle benoudhede red Hy hulle. Die HERE is na aan hulle wat gebroke harte het; wie se gees verpletter is, verlos Hy. 'n Regverdige ervaar baie teenspoed, maar uit dit alles red die HERE hom. Hy beskerm al sy bene; nie een van hulle word gebreek nie. Boosheid veroorsaak 'n goddelose se dood en hulle wat 'n regverdige haat, sal daarvoor boet
PSALMS 34:15-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore is oop vir hulle hulpgeroep. Die aangesig van die HERE is teen die wat kwaad doen, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. Die regverdiges roep, en die HERE luister en verlos hulle uit al hulle benoudhede. Die HERE is naby die wat gebroke van hart is; en red die wat verslae van gees is. Die ellende van die regverdige is baie, maar die HERE verlos hom uit almal. Hy bewaar al sy gebeente; nie een van hulle word gebreek nie. Onheil sal die goddelose doodmaak, en die wat die regverdiges haat, sal 'n wildernis wees. Die HERE verlos die siel van sy dienaars, en niemand van die wat op Hom vertrou, sal 'n wildernis wees nie.