PSALMS 34:1-3
PSALMS 34:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. Toe hy by Abimelek was, het hy gemaak of hy mal is, en Abimelek het hom weggejaag. Ek sal die Here altyd prys, ek sal aanhou sing vir Hom. Ek sal vir almal sê wat die Here gedoen het. Die mense wat hulleself nie kan help nie, moet dit hoor en hulle moet bly wees.
PSALMS 34:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees. Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.
PSALMS 34:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
PSALMS 34:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. Toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abimeleg, dié hom weggejaag en hy toe weggegaan het. Ek wil die HERE die hele tyd prys, my mond is voortdurend vol van sy lof. In die HERE sal ek roem; verdruktes sal dit hoor en hulle verheug.