PSALMS 33:20-21
PSALMS 33:20-21 Die Boodskap (DB)
Ons is in alles van die Here afhanklik. Hy help en beskerm ons. Omdat ons op Hom vertrou, maak Hy ons lewe vol met blydskap. Hy is totaal anders as mense.
PSALMS 33:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet dat die Here ons sal help, Hy sal ons beskerm. Ja, ons juig oor wat Hy gedoen het, oor wat Hy self gedoen het, ja, ons glo in Hom wat heilig is.
PSALMS 33:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
PSALMS 33:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer. Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons.
PSALMS 33:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met ons hele wese wag ons op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild. Want oor Hom is ons harte verheug, ja, op sy •heilige Naam vertrou ons.
PSALMS 33:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons siel wag op die HERE: Hy is ons hulp en ons skild. Want ons hart sal bly wees in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou het.