PSALMS 33:10-11
PSALMS 33:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die Here wat die planne van volke laat misluk, dit is Hy wat keer sodat dinge wat mense wil doen, nie gebeur nie. Wanneer die Here iets wil doen, dan doen Hy dit, wanneer Hy besluit het iets moet gebeur, dan gebeur dit en dit bly altyd so.
PSALMS 33:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke. Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
PSALMS 33:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here verydel die planne van die nasies, Hy laat hulle besluite op niks uitloop. Maar die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.
PSALMS 33:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE verydel die raadsplanne van nasies, Hy dwarsboom die planne van volke. Die raadsplan van die HERE bestaan vir ewig, die planne wat Hy bedink, van geslag tot geslag.
PSALMS 33:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE maak die raad van die nasies tot niet; Hy maak die planne van die volk tot niet. Die raad van die HERE bestaan tot in ewigheid, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.