PSALMS 32:3-4
PSALMS 32:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Ja, toe ek stilgebly het oor my sondes, het ek die hele dag gekla en gesug en ek het maer geword, want U het my elke dag en nag gestraf. Dit het gevoel of daar 'n vuur in my brand. Sela
PSALMS 32:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.
PSALMS 32:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela
PSALMS 32:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe ek stilgebly het, het my gebeente broos geword onder my gekreun die hele dag. Ja, dag en nag was u hand swaar op my; my lewenskrag het weggekwyn soos in die hitte van die somer. •Sela
PSALMS 32:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe ek stilgebly het, het my gebeente oud geword deur my gebrul die hele dag lank. Want dag en nag was U hand swaar op my: my vog het verander in die droogte van die somer. Sela.
PSALMS 32:3-4 Die Boodskap (DB)
Toe ek stilgebly het oor my verkeerde dade en dit nie voor die Here bely het nie, het dit baie sleg met my gegaan. Ek het maer geword soos ek die hele dag hard gebid het. Dag en nag het U my aan my sonde herinner. My krag het opgedroog soos waterpoele in die gloeiende hitte van die somerson.