PSALMS 30:10-12
PSALMS 30:10-12 Bybel vir almal (ABA)
Wat sal U kan wen as ek sterf, as ek afgaan na die doderyk? Mense wat dood is, kan nie vir U prys nie, hulle kan nie vertel dat U altyd doen wat U belowe het nie. Here, U moet luister, U moet genadig wees vir my, Here, dit is U wat vir my moet help. Ek het gehuil en getreur, maar U het my laat dans. U het my rouklere weggevat en my laat feesvier.
PSALMS 30:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig? Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper! U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord
PSALMS 30:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Watter voordeel is daar in my ondergang as ek die graf moet ingaan? Kan stof U loof? Kan dit u trou verkondig? Luister, Here, en wees my genadig! Help my, Here!” Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.
PSALMS 30:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Watter nut het dit as my bloed gestort word, as ek na die grafkuil afgaan? Sal stof U prys? Sal dit u trou verkondig? Luister, HERE, en wees my genadig! HERE, wees vir my 'n helper! “U het my rouklag in 'n koordans verander, my rouklere uitgetrek en my met vreugde omgord
PSALMS 30:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor, HERE, en wees my genadig: HERE, wees my helper. U het my rou vir my in 'n dans verander; U het my roukleed uitgetrek en my met blydskap omgord; Totdat my eer tot eer van U kan sing en nie swyg nie. O HERE my God, ek wil U loof vir ewig.
PSALMS 30:10-12 Die Boodskap (DB)
Ek het vir U gesê: “Wat help dit U as ek doodgaan? Kan iemand wat dood is, U prys? ’n Dooie kan tog nie vertel hoe goed U is nie. Help my, Here. Maak u hart vir my groot oop. Wees weer goed vir my.” Ek was baie hartseer, maar U het my lewe met blydskap volgemaak. Nou huil ek nie meer nie. Ek spring in die lug van vreugde. U het my ’n groot eer aangedoen. Ek vier fees.
PSALMS 30:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wat sal dit U baat as ek sterf, as ek wegsak in die graf? Kan my stof U loof in die doderyk? Kan my stof u trou daar verkondig? Luister, HERE, en wees my genadig. Help my tog, HERE!” U het my droefheid verander in ’n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee.