PSALMS 30:1-5
PSALMS 30:1-5 Bybel vir almal (ABA)
'n Psalm. 'n Lied toe hulle die tempel gewy het. Van Dawid. Here, ek wil U prys, want U het my gered en my laat uitkom, sodat my vyande nie kan juig oor wat met my gebeur nie. My God die Here, ek het tot U geroep en gevra dat U my moet help, en U het my gesond gemaak. Here, U het my laat uitkom uit die doderyk, ek was naby die dood, maar U het my weer laat lewe. Julle wat in die Here glo, julle moet vir Hom sing, julle moet sy heilige Naam noem en vir Hom dankie sê.
PSALMS 30:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid. Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie. HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak. HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal. Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam
PSALMS 30:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Psalm. 'n Lied vir die inwyding van die tempel. Van Dawid. Ek wil u lof verkondig, Here, want U het my gered en my vyande nie laat bly wees oor my nie. Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe. Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!
PSALMS 30:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Psalm. 'n Lied vir die inwyding van die huis. Van Dawid. Ek verheerlik U, HERE, want U het my opgetrek en U het nie toegelaat dat my vyande hulle oor my verheug nie. HERE my God, ek het na U om hulp geroep en U het my gesond gemaak. HERE, U het my lewe uit die •doderyk laat opkom; U het my lewend gehou tussen dié wat afdaal in die put. Besing die HERE, julle wat sy getroue volgelinge is, en prys sy •heilige, gevierde Naam
PSALMS 30:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil U roem, HERE; want U het my opgehef en my vyande nie oor my laat juig nie. HERE my God, ek het U aangeroep, en U het my gesond gemaak. O HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my in die lewe gehou, dat ek nie in die kuil sou afdaal nie. Sing tot eer van die HERE, o sy heiliges, en loof tot eer van sy heiligheid. Want sy toorn duur net 'n oomblik; in sy guns is die lewe: geween kan vir 'n nag bly, maar vreugde kom in die môre.
PSALMS 30:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal u lof verkondig, HERE, want U het my gered. U het my vyande verhinder om bly te wees oor my. HERE my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. HERE, U het my gered van die doderyk, U het verhoed dat ek saam met ander wegsak in die graf. Sing tot eer van die HERE, julle wat getrou is! Loof sy heilige Naam.