PSALMS 3:3-5
PSALMS 3:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Baie mense sê God sal my nie red nie. Sela Maar, Here, U is vir my soos 'n skild, U beskerm my van al die kante. U maak my belangrik, mense respekteer my. Wanneer ek die Here roep, dan antwoord Hy my van bo-op sy gewyde berg. Sela
PSALMS 3:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela. Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef. Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
PSALMS 3:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is talle wat van my sê: “Van God kom daar vir hom geen hulp nie!” Sela Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela
PSALMS 3:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Baie sê van my: “Daar is geen redding vir hom by God nie.” Maar U, HERE, is vir my 'n skild aan alle kante; U is my eer, en die Een wat my kop hoog hou. Wanneer ek hard roep na die HERE, antwoord Hy my van sy •heilige berg af. •Sela
PSALMS 3:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar U, HERE, is vir my 'n skild; my heerlikheid en die verhef van my hoof. Ek het die HERE aangeroep met my stem, en Hy het my gehoor van sy heilige berg af. Sela. Ek het my gaan lê en slaap; ek het wakker geword; want die HERE het my onderhou.
PSALMS 3:3-5 Die Boodskap (DB)
Hulle lag my uit en sê: “God kan hom tog nie help nie!” Maar, Here, U beskerm my van alle kante teen hulle. Hulle sal my nie in die grond in trap nie. U help my om nie die handdoek in te gooi nie. Ek roep so hard as wat ek kan tot die Here. Hy hoor my as ek bid. En Hy antwoord my.