PSALMS 25:1-3
PSALMS 25:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. Here, ek bid tot U, net tot U. My God, ek glo dat U sal doen wat U belowe het. U moenie dat ek verloor teen my vyande nie, U moenie dat hulle juig omdat dit sleg gaan met my nie. En ook, ek bid dat mense wat in U glo, nie sal verloor nie. Die mense wat nie doen wat U wil hê hulle moet doen nie, U moet húlle laat verloor.
PSALMS 25:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op. Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
PSALMS 25:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Dawid. Tot U, Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie, laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie. Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie. Dié wat nie op U vertrou nie, hulle kom in die skande.
PSALMS 25:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. Na U, HERE, hunker ek. My God, op U vertrou ek; laat my tog nie beskaamd staan nie; laat my vyande nie oor my jubel nie. Ja, niemand wat op U wag, sal beskaamd staan nie; maar hulle wat sonder rede ontrou is, sal beskaamd staan.
PSALMS 25:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Tot U, HERE, hef ek my siel op. My God, ek vertrou op U; laat my nie beskaamd staan nie, laat my vyande nie oor my triomfeer nie. Ja, laat niemand wat op U wag, beskaamd staan nie; laat hulle beskaamd staan wat sonder oorsaak oortree.
PSALMS 25:1-3 Die Boodskap (DB)
Here, ek is heeltemal van U afhanklik. Ek kyk op na U. My God, op U vertrou ek. Moet my tog nie in die steek laat nie. Moenie dat hulle wat U verwerp, my spot nie. Hulle wat op U hoop, sal nooit teleurgesteld wees nie. Maar hulle wat U nie dien nie, sal aan die kortste ent trek.