PSALMS 24:3-6
PSALMS 24:3-6 Bybel vir almal (ABA)
Wie mag opklim teen die berg van die Here? Wie mag gaan staan in sy gewyde plek? Dit is die mens wat nie verkeerde dinge doen of dink nie, die mens wat nie afgode dien nie en wat nie vals is wanneer hy dinge belowe nie. Die Here sal dit goed laat gaan met so 'n mens, God, sy Redder, sal sê so 'n mens is nie skuldig nie. So sal dit gaan met die mense wat vra wat die Here wil hê, die mense wat naby Hom wil wees, die nageslag van Jakob.
PSALMS 24:3-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil. Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek — dit is Jakob. Sela.
PSALMS 24:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie. So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied. Die mense wat na sy wil vra en Hom dien, is die geslag van Jakob. Sela
PSALMS 24:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie mag teen die berg van die HERE opgaan en wie mag in sy heiligdom staan? Die mens met skoon hande en 'n rein hart wat nie na nietigheid hunker en nie sweer by wat vals is nie, sal seën ontvang van die HERE en •geregtigheid van die God wat hom red – dit is die geslag wat na Hom soek, hulle wat u teenwoordigheid opsoek, dit is Jakob. •Sela
PSALMS 24:3-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie sal op die heuwel van die HERE klim? of wie sal in sy heiligdom staan? Hy wat rein van hande en 'n rein hart het; wat sy siel nie opgehef het tot nietigheid en nie bedrieglik gesweer het nie. Hy sal die seën van die HERE ontvang en geregtigheid van die God van sy heil. Dit is die geslag van die wat Hom soek, wat u aangesig soek, o Jakob. Sela.
PSALMS 24:3-6 Die Boodskap (DB)
Wie het die reg om in die huis van die Here in te gaan? Wie mag sommer by Hom gaan staan? Iemand wat nie verkeerde dinge doen nie en nog minder daaraan dink, is by die Here welkom; ja, iemand wat nie ander mense kul nie en wie se ja sy ja en wie se nee sy nee is. Vir so iemand sal die Here baie goed wees. God, sy redder, sal sorg dat sy verhouding met Hom reg is. Dit is die mense wat naby die God van Jakob wil wees. Hulle soek na die Here en verlang na sy teenwoordigheid.
PSALMS 24:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wie mag opklim teen die berg van die HERE? Wie mag staan in sy heilige plek? Net hulle wie se dade onskuldig, wie se denke sonder bybedoeling is; wat nie bedrog pleeg nie en nie ’n eed valslik aflê nie. So ’n persoon sal die seën van die HERE ontvang en God sy redder sal aan hom reg laat geskied. Só lyk die mense wat Hom dien en die God van Jakob aanbid. Sela