PSALMS 24:1-3
PSALMS 24:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. 'n Psalm. Aan die HERE behoort die aarde en die volheid daarvan, die wêreld en dié wat daarin woon, want Hy het dit op oseane gegrond en op strome gevestig. Wie mag teen die berg van die HERE opgaan en wie mag in sy heiligdom staan?
PSALMS 24:1-3 Bybel vir almal (ABA)
'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles op die aarde, die wêreld en al die mense in die wêreld, almal behoort aan die Here, want Hy het die aarde bo-op die water gesit, Hy het die aarde vas laat staan bo-op die diep water. Wie mag opklim teen die berg van die Here? Wie mag gaan staan in sy gewyde plek?
PSALMS 24:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome. Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
PSALMS 24:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here, want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters. Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
PSALMS 24:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. 'n Psalm. Aan die HERE behoort die aarde en die volheid daarvan, die wêreld en dié wat daarin woon, want Hy het dit op oseane gegrond en op strome gevestig. Wie mag teen die berg van die HERE opgaan en wie mag in sy heiligdom staan?
PSALMS 24:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan; die wêreld en die wat daarin woon. Want Hy het dit op die see gegrond en dit op die strome gevestig. Wie sal op die heuwel van die HERE klim? of wie sal in sy heiligdom staan?
PSALMS 24:1-3 Die Boodskap (DB)
Alles op hierdie aarde is die Here s’n. Ja, die aarde self en alles wat daarop leef en beweeg, is Syne. Hy het die aarde op die see en riviere gebou. Wie het die reg om in die huis van die Here in te gaan? Wie mag sommer by Hom gaan staan?
PSALMS 24:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die aarde behoort aan die HERE, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe. Die fondamente van die aarde het Hy in die oseane gelê, en dit op die riviere gevestig. Wie mag opklim teen die berg van die HERE? Wie mag staan in sy heilige plek?