PSALMS 23:4-5
PSALMS 23:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
PSALMS 23:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Ook wanneer ek deur 'n diep en donker vallei moet loop, dan sal ek nie bang wees nie, want U, Here, is by my. U beskerm my soos 'n herder sy skape beskerm met sy stok en met sy kierie. U nooi my om by u tafel te sit, maar my vyande moet staan en kyk. U laat my baie belangrik voel, U laat my alles geniet.
PSALMS 23:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
PSALMS 23:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel. U dek vir my 'n tafel voor die oë van my teenstanders. U verfris my kop met olie; my beker loop oor.
PSALMS 23:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ja, al gaan ek deur die dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my; U stok en U staf hulle vertroos my. U berei 'n tafel voor my aangesig voor my vyande; U salf my hoof met olie; my beker loop oor.
PSALMS 23:4-5 Die Boodskap (DB)
Selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie, sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie, want U is altyd by my. Dit troos my dat U my lei en beskerm. U laat my veilig voel. Soos ’n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor; hulle wat nie naby U lewe nie, kan maar net verleë toekyk. U behandel my soos ’n spesiale gas; ek geniet alles in oorvloed.
PSALMS 23:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my. U berei vir my ’n feesmaal voor die oë van al my vyande. U verwelkom my as ’n eregas deur my kop te salf met olie en my beker oorvol te maak.