PSALMS 22:1-31

PSALMS 22:1-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Vir die •musiekleier. Op “Die rooi takbok van die dagbreek”. 'n Psalm. Van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat? Waarom is U ver daarvan om my te verlos, ver van die woorde wat ek uitskreeu? My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie, ook snags, maar daar is geen rus vir my nie. U is tog die •Heilige, U heers waar die lofliedere van Israel opklink. Op U het ons voorouers vertrou, hulle het vertrou en U het hulle bevry. Tot U het hulle om hulp geroep en hulle het ontvlug; op U het hulle vertrou en hulle het nie beskaamd gestaan nie. Maar ek is 'n wurm en nie 'n mens nie, bespot deur die mense, verag deur die volk. Almal wat my sien, dryf met my die spot; hulle gryns en skud die kop: “Wend jou tot die HERE!” en “Laat Hy hom bevry, laat Hy hom red as Hy hom goedgesind is!” U is immers die Een wat my uit die baarmoeder gehaal het, my op die borste van my moeder laat vertrou het. Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God. Moenie ver van my bly nie, want die nood is naby; daar is immers niemand wat help nie! Baie bulle het my omsingel; die sterkes van Basan het my vasgekeer. Hulle het hulle monde teen my oopgesper soos 'n leeu wat verskeur en brul. Soos water is ek uitgestort, my hele gebeente val uitmekaar; my hart het geword soos was, dit het in my liggaam gesmelt. My krag het uitgedroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; in die stof van die dood laat U my lê. Inderdaad, honde het my omsingel. 'n Bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurboor. Ek kan al my bene tel. Hulle staar my aan met leedvermaak. Hulle verdeel my klere onder mekaar, en hulle loot oor my boklere. U, HERE, moet tog nie ver van my bly nie; my bron van krag, kom my gou te hulp. Red tog my lewe van die swaard, my enigste lewe uit die mag van die honde. Red my uit die bek van die leeu, en van die horings van buffels. U het my geantwoord. Ek wil u Naam verkondig aan my •broers; in die byeenkoms wil ek U loof: “Julle wat vir die HERE ontsag het, loof Hom! Julle, die ganse nageslag van Jakob, vereer Hom! Vrees Hom, ganse nageslag van Israel! Want Hy het die lyding van die magtelose nie geminag of misken nie; Hy het sy gesig nie vir hom verberg nie; maar toe hy Hom om hulp gesmeek het, het Hy gehoor.” U is die rede vir my lofprysing in 'n groot byeenkoms; my geloftes sal ek nakom in die teenwoordigheid van dié wat vir Hom ontsag het. Die verdruktes kan dan eet en versadig word; wie Hom raadpleeg, kan die HERE loof. Mag julle harte vir altyd leef! Almal tot aan die uithoeke van die aarde moet daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer. Al die familiegroepe van die nasies moet voor U in aanbidding buig; want aan die HERE behoort die koningskap, en Hy heers oor die nasies. Ja, voor Hom sal almal wat oordadig leef, in aanbidding neerbuig; voor Hom sal alle sterflinge kniel, elkeen wat nie die lewe kan behou nie. 'n Nageslag sal Hom dien; hulle sal van my Heer vertel aan die volgende geslag.

PSALMS 22:1-31 Bybel vir almal (ABA)

Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Die takbok vroeg in die môre.” 'n Psalm van Dawid. My God, my God, hoekom het U my gelos? Ek roep en vra dat U my moet help, ek kla en sug, maar U bly ver weg van my. My God, ek roep elke dag en nag, maar U antwoord nie, ek kan nie rus nie. U is die heilige God, die Israeliete prys U. Ons voorvaders het in Ú geglo, net in U, hulle het geglo en U het hulle gered. Hulle het tot Ú geroep, net tot U, hulle het gevra dat U hulle moet help, en hulle het vry weggekom. Hulle het in Ú geglo, net in U, en U het hulle nie teleurgestel nie. Maar ek, ek is 'n wurm, nie 'n mens nie. Mense spot my, niemand dink ek is belangrik nie. Almal wat my sien, lag vir my, hulle steek hulle tong uit vir my. Hulle sê: “Hy het gesê die Here moet hom help, nou moet die Here hom vrymaak. As die Here van hom hou, dan moet die Here hom red.” Ja, Here, dit is Ú wat by my was toe ek gebore is, U het my veilig laat rus teen my ma se bors. U het vir my gesorg vandat ek gebore is, U is my God vandat ek klein was. U moenie ver van my wees nie, want dit gaan sleg met my, en daar is niemand wat my help nie. Daar is baie vyande rondom my, hulle staan om my soos bulle uit die land Basan, hulle is soos leeus wat hulle bekke groot oopmaak om te brul en om my dood te byt. Dit voel of ek soos water uitgegooi is, my bene lê oral rond, my hart is soos byewas wat binne-in my smelt. Dit voel of ek niks meer kan doen nie, ek is soos 'n droë, stukkende kleipot, ek is so dors dat my tong vassit bo-in my mond. Dit voel of ek dood is en of U my op die grond laat lê het. Ja, 'n klomp slegte mense staan soos honde om my, hulle bind my hande en my voete vas. Ek is so maer dat ek al die bene in my liggaam kan sien. My vyande staan en kyk na my, hulle trek lootjies om te sien wie my klere moet kry. Maar U, Here, U moenie ver van my wees nie. Net U kan my sterk maak, U moet my gou kom help. U moet my lewe kom red van my vyande se swaarde, U moet my red van hierdie honde. U moet my red uit die bekke van hierdie leeus, uit die horings van hierdie oer-osse. U het gedoen wat ek gevra het. Ek sal vir die ander mense van my volk vertel wat U gedoen het, ek sal U prys daar waar hulle bymekaar is. Julle moet die Here prys, julle almal wat Hom dien, die nageslag van Jakob moet Hom eer, die hele nageslag van Israel moet bang wees vir Hom en moet Hom dien. Wanneer 'n mens swaarkry, 'n mens wat homself nie kan red nie, dan het die Here nie gemaak of dit nie belangrik is nie. Hy het nie sy gesig weggedraai van so 'n mens nie, Hy het gehoor toe ek geroep het en gevra het dat Hy my moet help. Here, U laat my 'n lied sing om U te prys daar waar die groot gemeente bymekaar is. Ek sal doen wat ek belowe het, die mense wat Hom dien, sal dit sien. Die mense wat hulleself nie kan help nie, sal genoeg kos kry om te eet. Julle wat vra wat die Here wil hê, julle sal Hom prys. Ek bid dat dit altyd goed sal gaan met julle. Al die mense sal onthou dat die Here daar is, hulle sal van oral op die aarde na Hom toe kom, al die volke sal voor Hom kom buig. Ja, dit is die Here wat Koning is, Hy regeer oor die volke. Al die mense sal voor Hom buig en hulle sal Hom dien, die mense wat meer as genoeg kos het om te eet, en die mense wat self te min kos het om te lewe, almal wat na die doderyk moet gaan. Die mense wat later sal lewe, sal Hom dien, die geslagte wat later sal lewe, sal van die Here hoor.

PSALMS 22:1-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad.” 'n Psalm van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul? My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie. Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel! Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered. Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie. Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk. Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê: Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom! Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors. Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God. Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie. Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring. Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul. Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande. My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood. Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer! Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad. Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help! Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond. Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor! Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys. Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel! Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp. Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees. Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe! Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid. Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies. Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie. 'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag.

PSALMS 22:1-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. 'n Psalm van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? My God, ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie. U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink! Op U het ons voorvaders vertrou. Hulle het vertrou en U het hulle gered. Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie. Maar ek is 'n wurm, nie 'n mens nie. Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag. Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik met voldoening die kop en sê: “Laat dit aan die Here oor! Laat Hý hom red, laat Hý hom bevry as Hy dan so baie van hom hou.” U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my moeder. Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God. Moet tog nie so ver van my af weg bly nie, want die nood is naby en daar is niemand wat help nie. 'n Wreedaardige klomp mense het my omsingel, soos beeste uit Basan staan hulle my toe. Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af. Ek is soos uitgestorte water, al my bene het uitmekaar geval, my hart het soos was geword, dit smelt weg in my. Ek is so min werd soos 'n potskerf, my tong kleef aan my verhemelte, U laat lê my asof ek dood is. Soos honde omsingel hulle my, die bende misdadigers sak op my toe, hulle bind my hande en voete vas. Al wat been in my is, kan ek tel; hulle kyk na my met leedvermaak. Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel. En U, Here – moet tog nie so ver bly nie, Bron van my krag, help my tog gou! Red my van die swaard, my kosbare lewe uit die mag van die honde. Red my uit die bek van die leeu en tussen die horings van die wilde beeste uit. U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. Julle wat die Here dien, prys Hom! Vereer Hom, nageslag van Jakob! Betoon Hom eerbied, nageslag van Israel! Die nood van die hulpelose het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie, Hom daarvan nie teruggetrek nie, maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor. My loflied in die volle vergadering kom van Hom af, my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom dien. By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys. Mag hulle lank en gelukkig lewe. Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer. Alle volke sal Hom as koning erken, want die koningskap behoort aan die Here; Hy heers oor die volke. Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem en Hom as koning erken, ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel. Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.

PSALMS 22:1-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Vir die •musiekleier. Op “Die rooi takbok van die dagbreek”. 'n Psalm. Van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat? Waarom is U ver daarvan om my te verlos, ver van die woorde wat ek uitskreeu? My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie, ook snags, maar daar is geen rus vir my nie. U is tog die •Heilige, U heers waar die lofliedere van Israel opklink. Op U het ons voorouers vertrou, hulle het vertrou en U het hulle bevry. Tot U het hulle om hulp geroep en hulle het ontvlug; op U het hulle vertrou en hulle het nie beskaamd gestaan nie. Maar ek is 'n wurm en nie 'n mens nie, bespot deur die mense, verag deur die volk. Almal wat my sien, dryf met my die spot; hulle gryns en skud die kop: “Wend jou tot die HERE!” en “Laat Hy hom bevry, laat Hy hom red as Hy hom goedgesind is!” U is immers die Een wat my uit die baarmoeder gehaal het, my op die borste van my moeder laat vertrou het. Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God. Moenie ver van my bly nie, want die nood is naby; daar is immers niemand wat help nie! Baie bulle het my omsingel; die sterkes van Basan het my vasgekeer. Hulle het hulle monde teen my oopgesper soos 'n leeu wat verskeur en brul. Soos water is ek uitgestort, my hele gebeente val uitmekaar; my hart het geword soos was, dit het in my liggaam gesmelt. My krag het uitgedroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; in die stof van die dood laat U my lê. Inderdaad, honde het my omsingel. 'n Bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurboor. Ek kan al my bene tel. Hulle staar my aan met leedvermaak. Hulle verdeel my klere onder mekaar, en hulle loot oor my boklere. U, HERE, moet tog nie ver van my bly nie; my bron van krag, kom my gou te hulp. Red tog my lewe van die swaard, my enigste lewe uit die mag van die honde. Red my uit die bek van die leeu, en van die horings van buffels. U het my geantwoord. Ek wil u Naam verkondig aan my •broers; in die byeenkoms wil ek U loof: “Julle wat vir die HERE ontsag het, loof Hom! Julle, die ganse nageslag van Jakob, vereer Hom! Vrees Hom, ganse nageslag van Israel! Want Hy het die lyding van die magtelose nie geminag of misken nie; Hy het sy gesig nie vir hom verberg nie; maar toe hy Hom om hulp gesmeek het, het Hy gehoor.” U is die rede vir my lofprysing in 'n groot byeenkoms; my geloftes sal ek nakom in die teenwoordigheid van dié wat vir Hom ontsag het. Die verdruktes kan dan eet en versadig word; wie Hom raadpleeg, kan die HERE loof. Mag julle harte vir altyd leef! Almal tot aan die uithoeke van die aarde moet daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer. Al die familiegroepe van die nasies moet voor U in aanbidding buig; want aan die HERE behoort die koningskap, en Hy heers oor die nasies. Ja, voor Hom sal almal wat oordadig leef, in aanbidding neerbuig; voor Hom sal alle sterflinge kniel, elkeen wat nie die lewe kan behou nie. 'n Nageslag sal Hom dien; hulle sal van my Heer vertel aan die volgende geslag.

PSALMS 22:1-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

My God, my God, waarom het U my verlaat? waarom is jy so ver daarvan om my te help en van die woorde van my gebrul? O my God, ek roep bedags, maar U hoor nie; en in die nag, en ek swyg nie. Maar U is heilig, o U wat in die lofsange van Israel woon. Ons vaders het op U vertrou: hulle het vertrou, en U het hulle gered. Hulle het U aangeroep en is gered; hulle het op U vertrou en het nie beskaamd gestaan nie. Maar ek is 'n wurm en niemand nie; 'n smaad van mense en verag deur die volk. Almal wat my sien, lag my met die spot; hulle skiet die lip uit, hulle skud die kop en sê: Hy het op die HERE vertrou dat Hy hom sou red; laat Hy hom red, want Hy het 'n welbehae in hom. Maar U is hy wat my uit die moederskoot geneem het; U het my hoop gemaak toe ek aan my moeder se borste was. Ek is op U gewerp van die moederskoot af; U is my God van my moeder se maag af. Wees nie ver van my af nie; want moeilikheid is naby; want daar is niemand om te help nie. Baie bulle het my omsingel, sterk bulle van Basan het my omring. Hulle het my met hul bekke gegaps, soos 'n verskeurende en 'n brullende leeu. Ek is uitgestort soos water, en al my gebeente is uit gewrig; my hart is soos was; dit is gesmelt in die middel van my ingewande. My krag het opgedroog soos 'n potskerf; en my tong kleef aan my kakebeen; en U het my in die stof van die dood gebring. Want honde het my omsingel, die menigte van die goddeloses het my omring; hulle het my hande en my voete deurboor. Ek kan al my gebeente vertel: hulle kyk en staar na my. Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad. Maar wees nie ver van my af nie, o HERE, o my sterkte, haas U om my te help. Red my siel van die swaard; my liefling uit die mag van die hond. Red my uit die bek van die leeu, want jy het my gehoor van die horings van die eenhorings. Ek sal u Naam aan my broers verkondig; in die midde van die vergadering sal ek U loof. Julle wat die HERE vrees, loof Hom; al julle nageslag van Jakob, verheerlik hom; en vrees hom, alle nageslag van Israel! Want hy het die ellende van die ellendiges nie verag of verafsku nie; en hy het sy aangesig nie vir hom verberg nie; maar toe hy na hom roep, het hy gehoor. My lof sal van U wees in die groot vergadering: Ek sal my geloftes betaal voor die wat Hom vrees. Die sagmoediges sal eet en versadig word; hulle sal die HERE loof wat Hom soek; jou hart sal vir ewig lewe. Al die eindes van die wêreld sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor jou aanbid. Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy is die goewerneur onder die nasies. Almal wat vet is op die aarde sal eet en aanbid; almal wat na die stof afdaal, sal voor hom buig; en niemand kan sy siel in die lewe hou nie. 'n Saad sal hom dien; dit sal aan die HERE gereken word vir 'n geslag. Hulle sal kom en sy geregtigheid verkondig aan 'n volk wat gebore sal word, dat Hy dit gedoen het.

PSALMS 22:1-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver wanneer ek roep om hulp, so ver wanneer ek tot U sug? Elke dag roep ek na U, my God, maar U antwoord nie; ook elke nag roep ek, maar daar is geen rus vir my nie. Tog is U die Heilige wat woon waar Israel U prys. Ons voorouers het op U vertrou, hulle het U vertrou, en U het hulle gered. Tot U het hulle geroep, en hulle is verlos. Hulle het op U vertrou, en was nooit verleë nie. Maar ek is net ’n wurm, en nie ’n man nie; ek word bespot deur die mensdom, verag deur almal om my. Elkeen wat my sien, spot met my. Hulle trek vir my gesigte, skud die kop en sê: “Vertrou op die HERE; laat Hý hom dan red! Laat die HERE hom verlos as Hy hom dan so liefhet!” Maar U het my die lewenslig laat sien, my as suigeling op U laat vertrou. Vanaf geboorte is ek van U afhanklik. Vanaf die begin van my lewe was U my God. Moenie ver van my af bly nie, want ellende kom en daar is geen helper nie. Soos ’n trop bulle omsingel my vyande my; wilde beeste van Basan het my omring! Soos brullende leeus wat uitmekaar wil skeur, met oopgesperde bekke storm hulle op my af. My lewe is uitgestort soos water, al my bene val uitmekaar. My hart is soos was wat in my wegsmelt. My krag het opgedroog soos ’n potskerf. My tong kleef aan my verhemelte. U laat my vir dood in die stof lê. Soos ’n trop honde sirkel hulle om my; ’n kwaadwillige bende sak op my toe. My hande en voete is vasgemaak. Ek kan al my bene in my tel. Met leedvermaak gluur my vyande my aan. Hulle verdeel my klere onder mekaar en deur die lot te werp deel hulle my kledingstukke. HERE, bly nie ver van my af nie! U is my sterkte; help my tog gou! Red my van die swaard, red my kosbare lewe uit die mag van hierdie honde. Red my uit die bek van die leeu, van die horings van wilde beeste. U het my gebed verhoor! Aan my broers maak ek u Naam bekend. In die vergadering verkondig ek u lof. Prys die HERE, julle almal wat Hom dien! Verheerlik Hom, nakomelinge van Jakob! Betoon eerbied aan Hom, nageslag van Israel! Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp. Van U af kom my lofsang in die groot vergadering; voor hulle wat U dien, sal ek my geloftes nakom. Dié in nood sal eet en versadig word. Almal wat die HERE dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd. Die hele aarde sal die HERE erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien. Want die koningskap behoort aan die HERE! Hy heers oor al die nasies. Laat die rykes van die wêreld feesvier en Hom aanbid. Laat al wat sterfling is, voor Hom buig; hulle wat sterflik is en bestem is vir die graf. Die nageslag sal Hom dien. Die komende geslagte sal van die Here hoor.

PSALMS 22:1-31

PSALMS 22:1-31 AFR83