PSALMS 19:7-9
PSALMS 19:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Die son kom ver in die ooste op en gaan ver in die weste onder, en niemand kan wegkruip vir hom nie, hy laat almal warm kry. Wat die Here wil hê 'n mens moet doen, is beter as alles, dit laat 'n mens lewe. Wat die Here sê, kan 'n mens glo, dit gee wysheid vir jongmense. Wat die Here beveel, is reg, dit maak 'n mens bly. Wat die Here sê 'n mens moet doen, is regverdig, dit laat 'n mens weet hoe hy moet lewe.
PSALMS 19:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
PSALMS 19:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan die een kant van die hemel kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy gloed nie. Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.
PSALMS 19:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan die een kant van die hemel gaan hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy hitte nie. Die wet van die HERE is volmaak, dit gee nuwe lewenskrag; die bepalings van die HERE is betroubaar, dit gee wysheid aan die onkundiges. Die opdragte van die HERE is reg, dit maak die hart bly; die gebod van die HERE is suiwer, dit verhelder die oë.
PSALMS 19:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die wet van die HERE is volmaak, dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit maak die eenvoudiges wys. Die insettinge van die HERE is reg, dit verbly die hart; die gebod van die HERE is rein, dit verlig die oë. Die vrees van die HERE is rein, dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is tesame waaragtig en regverdig.
PSALMS 19:7-9 Die Boodskap (DB)
Hy begin met sy werk aan die een kant van die wêreld en loop heeltemal om tot by die ander punt. So straal die son sy hitte op elke millimeter van die wêreld uit. So werk die Here se wet ook. Daar is geen foute in nie. Soos die son oor alles skyn, so speel die wet ’n rol in ons hele lewe. Dit bring nuwe krag in jou lewe. Jy kan altyd op die wet staatmaak. Dit is betroubaar, want dit leer mense wat nog nie ervaring het nie hoe om gelukkig te lewe. Die Here wil hê mense moet die regte dinge doen. Dan sal hulle vol blydskap wees. Die Here se opdragte is baie duidelik. Dit leer jou watter pad die regte een is. En dit maak jou bly as jy op die regte pad loop. As jy die Here dien, bly verkeerde dinge ver van jou af weg. Wat die Here sê, laat jou gesig skitter.
PSALMS 19:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aan die een kant van die horison kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder. Niks kan sy hitte ontkom nie. Die HERE se voorskrifte is volkome, dit gee nuwe lewenskrag. Die bepalings van die HERE is betroubaar; dit maak die eenvoudige verstandig. Die HERE se bevele is reg, dit bring vreugde vir die hart. Die opdragte van die HERE is duidelik; dit gee insig vir die lewe.