PSALMS 19:14
PSALMS 19:14 Bybel vir almal (ABA)
En U moet ook keer dat ek nie sonde doen wanneer ek weet dit is verkeerd nie, U moenie dat die sondes oor my regeer nie. Dan sal ek nie skuldig wees nie en nie teen U opstandig wees nie.
PSALMS 19:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.
PSALMS 19:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde.
PSALMS 19:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Weerhou u dienskneg ook van vermetelheid. Laat dit nie oor my heers nie; dan sal ek onskuldig wees en vry van ernstige oortredings.
PSALMS 19:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor U oë, o HERE, my sterkte en my verlosser.
PSALMS 19:14 Die Boodskap (DB)
En keer my as ek van plan is om opsetlik verkeerde dinge te doen. Moenie dat slegte dinge oor my lewe baasspeel nie. As U my help, sal ek sonder foute wees. Dan sal ek nie aanhou om oor en oor die verkeerde dinge te doen nie.