PSALMS 19:1-3
PSALMS 19:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid. Die hemel sê God is koning, die hemeldak vertel wat Hy gedoen het. Die een dag sê dit vir die volgende dag, die een nag sê vir die volgende nag wat gebeur het.
PSALMS 19:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan
PSALMS 19:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.
PSALMS 19:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend. Dag ná dag bring dit 'n boodskap voort en nag ná nag deel dit kennis mee.
PSALMS 19:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die hemele vertel die eer van God; en die uitspansel toon sy handewerk. Dag tot dag spreek spraak, en nag tot nag spreek kennis uit. Daar is geen spraak of taal, waar hulle stem nie gehoor word nie.